Vooruitsigte vir die komende seisoene: Onbestendige ekonomiese omstandighede sal deursigtige besluitneming vereis
Die droogte en relatief hoë temperature van 2016 het tot gevolg gehad dat verskeie kommoditeitspryse relatief hoë vlakke gerealiseer het, veral die van aartappels en mielies wat beide rekordpryse behaal het. Soos die nuwe seisoen inbeweeg is en gunstiger weerpatrone gerealiseer het oor die grootste deel van die somerreëngebied, het die verwagte produksie van verskeie